Michelle se Kombuis is ‘n storie van hoop vir enige boervrou.
Só sê Michelle Britz, ‘n entrepreneur van die distrik Ficksburg, en nou onder die toptien finaliste vir AfriForum se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie. Michelle se onderneming wat klaarbereide gesinsetes voorsien, het in Februarie 2019 in erge droogtetyd ontkiem, vertel sy.
“Ek het gevoel ek moet n (geldelike) bydrae tot ons gesin begin maak. Toe my seun in Bloemfontein begin skoolgaan het, het ek aanvanklik die geleentheid raakgesien om mamma- pakkies vir leerders te maak. Ek het gou besef besige gesinne is eintlik my teiken- mark.
“Baie boere gaan deur moeilike tye, en Michelle se Kombuis het uit moeilike tye op die plaas ontstaan.”
Haar liefde vir kosmaak kom al ‘n lang pad, sê Mi- chelle. Sy en haar gesin het sewe jaar in die buiteland gewoon, vier jaar in Frank- ryk en drie jaar in Italië, en juis in Frankryk het dié passie posgevat.
Intussen het Michelle se tweelingsuster, Sandri Olivier, ook betrokke geraak en in Namibië, waar sy en haar gesin boer, ‘n tak van Michelle van Kombuis geopen.
Michelle sê sy glo “elke liewe persoon is ‘n entrepre- neur. Dit hang alles af van hoe baie jy in jouself glo. Ek het die voorreg gehad om as kind vir my sakgeld te werk. Ek glo só het daardie eien- skap van entrepreneurskap Michelle Britz (links) en haar tweelingsuster en vennoot in Michelle se Kombuis, Sandri Olivier, van Namibië. vinniger ontwikkel. Die belangrikste is harde werk. Om alles te gee.”
Michelle sê Afriforum ondersteun entrepreneurs ten volle. Die volgende stap is om topvyf finaliste in die kompetisie te kies. Die wenner sal eindelik met R50 000 wegstap.